Another "after-work" event :-) Vir die van julle wat vir Barend ken weet dat hy nie kan stilsit nie!! So,wanneer hy by die huis kom is daar meestal iets wat hy van gehoor het wat ons kan gaan ontdek!! Dis heerlik. Vandag het hy vroeer by die huis gekom en ons wou graag weer na ChuckEcheese gaan sodat die kinders hulle "coins" wat hulle verdien het die week te gaan uitspeel. En Barend het saam gekom en pizza geeet. Vandaar is ons na Maligans. Dit is ook 'n plek met "games" binnekant, maar buite is 'n mini-golf baan, "go-karts" en 'n "baseball" hok waar balle geskiet word sodat dit dan geslaan kan word. Dit was bitterlik koud! Ons het later besluit om eerder eers bietjie binnekant te gaan speel om warm te word. Vandaar is ons na Walmart om warm skoene vir die kids te koop en is ons toe sommer verras met vuurwerke by 'n sentrum. Ek moet net hierdie ook vertel: Ons was al vroeer in die Walmart toe ons nog nie geweet het dat dit so koud kan wees nie en daar sit 'n tannie by die ingang met 'n rolstoel. Sy het sommer vir Barend voorgekeer en met hom geraas oor die kinders wat nie skoene aanhet nie. Die keer het ons toe mos nou gegaan om skoene te koop!! Daar was 'n ander tannie en ons laai toe die 3 in 'n trolley en se hulle moet hulle voete toehou!! hahaa. Die tannie sien ons toe en snak na haar asem!! Barend het net voor hom gekyk en ingestap. Ek het gehuil soos ek lag!! Nou weet die kids dat hulle nie sonder skoene mag winkel toe gaan nie...goeie ding! :-)
Another "after-work" event :-)
ReplyDeleteVir die van julle wat vir Barend ken weet dat hy nie kan stilsit nie!! So,wanneer hy by die huis kom is daar meestal iets wat hy van gehoor het wat ons kan gaan ontdek!! Dis heerlik. Vandag het hy vroeer by die huis gekom en ons wou graag weer na ChuckEcheese gaan sodat die kinders hulle "coins" wat hulle verdien het die week te gaan uitspeel. En Barend het saam gekom en pizza geeet. Vandaar is ons na Maligans. Dit is ook 'n plek met "games" binnekant, maar buite is 'n mini-golf baan, "go-karts" en 'n "baseball" hok waar balle geskiet word sodat dit dan geslaan kan word. Dit was bitterlik koud! Ons het later besluit om eerder eers bietjie binnekant te gaan speel om warm te word. Vandaar is ons na Walmart om warm skoene vir die kids te koop en is ons toe sommer verras met vuurwerke by 'n sentrum. Ek moet net hierdie ook vertel: Ons was al vroeer in die Walmart toe ons nog nie geweet het dat dit so koud kan wees nie en daar sit 'n tannie by die ingang met 'n rolstoel. Sy het sommer vir Barend voorgekeer en met hom geraas oor die kinders wat nie skoene aanhet nie. Die keer het ons toe mos nou gegaan om skoene te koop!! Daar was 'n ander tannie en ons laai toe die 3 in 'n trolley en se hulle moet hulle voete toehou!! hahaa. Die tannie sien ons toe en snak na haar asem!! Barend het net voor hom gekyk en ingestap. Ek het gehuil soos ek lag!! Nou weet die kids dat hulle nie sonder skoene mag winkel toe gaan nie...goeie ding! :-)